Nghipunya se borgaansoek misluk

Die Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se grondwetlike uitdaging oor die strafproseswet om sodoende borg te bekom was onsuksesvol. Regters Herman January en Essi Schimming-Chase, het dit sonder ‘n kostebevel van die hand gewys, terwyl regter Thomas Masuku die aansoek met ‘n kostebevel toegestaan het. Die kern van sy aansoek was dat die bepaling van die strafwet wat sê verdagtes kan aangehou word in aanloop tot hulle verhoor, teenstrydig is met artikel 25 van die Grondwet. Hy het die hof gevra om hom op die Grondwet te wend, en hom dus op borg vry te laat.