Groot sukses met onwettige vuurwapens in die Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagen Allen, sê die beslaglegging van onwettige vuurwapens en gevaarlike wapens sal verseker dat minder moorde in die provinsie gepleeg word. Dit volg ná lede van die Bevorderingsplan vir Wetstoepassing, oftewel Leap, dié maand meer as 500 verdagtes vir verskeie oortredings aangekeer het. Allen sê Leap is besig om sy bedrywighede en funksies op te skerp terwyl die nasionale regering steeds nie die nodige bystand aan polisiebeamptes gee nie: