Dos Santos te ruste gelê

Te midde van spanning na die afgelope verkiesing het Angola Sondag sy jarelange oud-leier Jose Eduardo dos Santos in Luanda begrawe. Dos Santos en sy gesin het Angolese politiek oorheers vir 38 jaar. Sy heerskappy is gekenmerk deur ‘n 27-jarige burgeroorlog teen die VSA-gesteunde Unita-beweging, wat hy in 2002 verslaan het. Die land het ook ‘n ekonomiese oplewing geniet met olie-ontginning maar meer as die helfte van die bevolking van meer as 30 miljoen mense leef in armoede. Dos Santos is as argitek van vrede bestempel, ‘n eretitel wat hy ontvang het met die beëindiging van burgeroorlog wat ‘n halfmiljoen mense doodgemaak het. Staatshoofde en senior ministers van regoor die vasteland, sowel as die president van Angola se voormalige koloniale heerser Portugal, Marcelo Rebelo de Sousa, het dit bygewoon. Stigterspresident Sam Nujoma was ook daar.