Groot riviere bestendig, maar Kunene styg skerp

Die Zambezirivier by Katima Mulilo vloei baie bestendig en het vanoggend ‘n vlak van 1,28m aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu het die afgelope paar dae ‘n toename in watervlak van 5,37m tot 5,45m vanoggend aangeteken. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 578,10 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die watervlakke van die Benede-Oranjerivier is steeds laag, maar effe hoër as verlede week. By Blouputs is vanoggend ‘n vlak van 56cm aangeteken, terwyl Sendelingsdrift 40cm gemeet het.