DA eis onmiddellike debat, stemming oor speaker

Die DA dring aan dat die debat en stemming oor die mosie van wantroue in die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, so gou moontlik moet plaasvind. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar aansoek om ‘n moontlike inhegtenisneming te verhinder, van die hand gewys het. Die party meen die Parlement moet die speaker aanspreeklik hou, insluitend op aanklagte van korrupsie en geldwassery. Woordvoerder Siviwe Gwarube hou vol die integriteit en geloofwaardigheid van die Nasionale Vergadering is op die spel.