Handelsbalans N$3,9 miljard in die rooi

Volgens die jongste handelsstatistieke deur die Namibië Statistiek-agentskap het die handelsbalans in Februarie op ‘n tekort van 3,9 miljard Namibiese dollar gestaan, vergeleke met die tekorte van 1,8 miljard dollar en 452 miljoen dollar wat in onderskeidelik Januarie en Februarie verlede jaar aangeteken is. Suid-Afrika was weer Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en invoere. Die uitvoermandjie het hoofsaaklik bestaan uit minerale soos nie-monetêre goud, koper en artikels van koper, petroleumolies en diamante. Vis was steeds die enigste nie-minerale produk onder die top vyf uitvoerprodukte. NSA woordvoerder Mirjam Shihepo gee meer inligting.