Groot reën kom eers einde November, sê weerkenner

Dit is moeilik om ‘n presiese datum te gee wanneer Namibië reën gaan kry, sê Johan van den Berg, weerkenner in Suid-Afrika toe Kosmos 94.1 Nuus hom vra wanneer die land reën kan verwag. Hy verwag die groot reën vir Namibië kom eers later teen die einde van November en Desember.