Nóg ‘n mislukte stadionprojek in SA oopgevlek

Die DA in die Vrystaat het ‘n mislukte Zuka Baloi-stadionprojek ter waarde van 12,2 miljoen-rand in Thabong, Welkom, blootgelê. Dit kom nadat dié party se voornemende raadslid vir Wyk 26 en 29 in die plaaslike Matjhabeng-munisipaliteit, Relebohile Morake, ‘n oorsig-inspeksie van die stadion gedoen het. Sowat 8 ,7 miljoen rand is na raming tot op hede aan die stadion bestee, en ‘n verdere 3,5 miljoen rand is vir die projek begroot. Igor Scheurkogel van die DA sê die stadion is nou vervalle en verniel.