Groot planne vir Rehoboth

Ontwikkeling kom vir Rehoboth met planne om ‘n kliniek, polisiekantoor en gemeenskapsentrum vir die Rehoboth stedelike wes-kiesafdeling te bou. Dit is deur hul raadslid Harold Kambrude aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Hy sê 6 000 hektaar grond is van die Rehoboth-dorpsraad ontvang en hy moedig inwoners van sy kiesafdeling aan om saam te werk om dit te realiseer.