Geingob wens Eagles geluk, Wiese soek ‘n ysbad

President Hage Geingob het die Namibiese krieketspan, die Eagles, met hul eerste sege in die T20 Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd in Abu Dhabi teen Nederland geluk gewens. Die Eagles het verras deur die Nederlanders te verslaan en het steeds ‘n kans om die hooftoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate en Oman te haal. Die Eagles speel Vrydag teen Ierland. Die voormalige Protea David Wiese het kort na die wedstryd met die media gepraat. Hy sê die oorwinning beteken baie vir hom.

Maar hy sê die wedstryd het dit uit hom uitgehaal en dis warm…