Groot Koraalrif moet dringend beskerm word
Mariene bioloë doen ʼn beroep dat meer gedoen word om die Groot Koraalrif te beskerm. Die Australiese Instituut vir Mariene Wetenskap skat dat 73-persent van die koraalrif onder verbleiking deurloop. Klimaatwetenskaplikes sê die vernietiging van mariene ekostelsels is ʼn doodsvonnis vir ongeveer ʼn kwart van alle spesies wat van riwwe afhanklik is vir oorlewing. Hy sê dit bedreig ook sowat een-miljard mense wat vir hul voedsel en lewensbestaan op vis uit die riwwe staatmaak.