Groot kommer oor Fukushima se water

Internasionale nuusagentskappe berig dat Suid-Korea die Japanese ambassadeur in daardie land Koichi Aiboshi ontbied oor die nuus dat Japanese owerhede beplan om gekontamineerde water vanaf die Fukushima kernkragaanleg vry te laat. Meer as ‘n miljoen metrieke ton radioaktiewe water sal vrygestel word. Daar is ongeveer 1,25 miljoen metrieke ton radioaktiewe water wat in meer as 1 000 tenks op die perseel gestoor word. Die water neem daagliks toe met ongeveer 170 ton. Die vrylating hiervan wek groot kommer oor die stand en gesondheid van die mariene-omgewing.