Geen ongerymdhede by Namdia nie

Hooggeplaaste bronne het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestiging gegee dat dit wel korrek is dat C-Sixty Beleggings, wat die 5-jaar kontrak bekom het om Namdia se diamante te waardeer, verkoop is. Die maatskappy het nuwe bestuur bekom, onder andere Doron Cohen as Besturende Direkteur en daar is gerigte dat dit wel verbinding hou met Nuska Beleggings wat met ongeslypte diamante plaaslike werk. Nieteenstaande aantygings deur die Regstellende Herposisionering Beweging se leier Job Amupanda, het Nuska nog die kontrak om diamante te waardeer vir Namdia tot Oktober vanjaar wanneer die kontrak verstryk.