Groot jurie vir Trump byeengeroep

Aanklaers in New York het ‘n groot jurie byeengeroep om te besluit of die voormalige Amerikaanse President Donald Trump aangekla moet word. Volgens internasionale media sal sy saketransaksies ondersoek word, asook beweringe dat vrou betaal is om te swyg oor hul verhoudings met hom.