Equal Rights Namibia hou môre ‘optog van liefde’

Equal Rights Namibia gaan môremiddag om vier uur ‘n optog vanaf die Swapo Party-skool na die parlement hou. Hulle doen ‘n beroep op vryheidsvegters om by hulle aan te sluit in die optog van liefde teen haat en diskriminasie. Hulle gaan ook eis dat die Swapo-jeugliga se sekretaris-generaal, Ephraim Nekongo, bedank. Dit volg na hy verlede week homoseksualiteit as satanies en demonies beskryf het. Ná Nekongo se aanmerkings, het ‘n debat op sosiale media ontstaan, waar selfs die Presidentsvrou, Monica Geingos, gesê het homofobie moet gestop word. Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.