Groot hengelstryd vandag aan die kus

Die Rots- en Strand- Super Pro-liga Internasionale Hengel-kompetisie vind vandag tussen Myl 4 en Jakkalsputz by Swakopmund plaas waar hengelaars sake uitspook. Namibiese hengelaars het vanaf ses-uur vanoggend langs die viswaters teen 40 Suid-Afrika hengelaars te staan gekom. Dit sal na verwagting ‘n hewige stryd tussen die buurlande wees. Vanmiddag om drie-uur loop die kompetisie ten einde. Namibiese hengelaar Ernst Köhne, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.