NamPower sê kragvoorsiening is gewaarborg

NamPower het bevestig dat Zambië sal voortgaan om ononderbroke elektrisiteit aan Namibië te verskaf ten spyte daarvan dat die buurland op die oomblik buitensporige beurtkrag ervaar. Die kragvoorsiener se waarnemende besturende direkteur, Kandali Iyambo, het aan plaaslike media bevestig dat daar ‘n kontrak vir ononderbroke krag uit Zambië in plek is wat nie op bronne gebaseer is nie. Namibië voer 180 megawatt uit Zambië in nadat NamPower verlede April ‘n bykomende 80 megawatt van die land se Zesco-maatskappy verkry het. Dit is volgens ‘n tien-jaar ooreenkoms wat volgens berigte 8,5 miljard Namibiese dollar werd is. Die ooreenkoms is onderteken om Namibië se afhanklikheid op Eskom te verminder. Zambië sukkel tans met ‘n kragtekort weens ‘n drastiese vermindering in beskikbare water in die Kariba-reservoir en verduur daagliks beutkrag van tot 12 ure lank.