Verbruikersinflasie daal in die VSA

Verbruikers-inflasie in die Verenigde State het in Desember tot die laagste vlak in langer as ‘n jaar gedaal. Amerikaanse huishoudings sukkel reeds vir ‘n jaar met die hoogste inflasie in dekades en die Federale Reserweraad het sy maatstaf-uitleenkoers verhoog teen ‘n pas wat sedert die 1980’s ongehoord was, in die hoop om die wêreld se grootste ekonomie te versag. Die afwaartse neiging is die sesde opeenvolgende maand van versagting, en skep die hoop dat ‘n mate van verligting tog gebring sal word. Die verbruikersprys-indeks het verlede maand met 6,5 persent gestyg teenoor ‘n jaar gelede, die minste sedert Oktober 2021.