Koningin sal volgende premier, haar 15de, op Balmoral aanstel

Koningin Elizabeth gaan afwyk van die tradisie en Brittanje se volgende premier op Balmoral in plaas van in die Buckingham-paleis in Londen ontmoet. Die 96-jarige monarg sukkel om te beweeg en sal nie vanaf haar landgoed in Skotland na die hoofstad reis nie. Die koningin sal Dinsdag vir Liz Truss óf Rishi Sunak ontmoet – ‘n dag nadat lede van die Konserwatiewe Party vir die volgende leier van die party en regering gestem het. Dit sal die 15de premier wees wat die koningin aanstel sedert Winston Churchill in 1951.