Grondeise in SA versnel

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het ‘n konsep-wetsontwerp voorgelê om grondeise te versnel. Lamola sê dit sal die permanente aanstelling van regters en ander regterlike beamptes verseker om toesig te hou oor grondeise. Dit beoog om ‘n hof te stig spesifiek vir grondeise met beslissings wat by ‘n appèlhof vir grondsake ingedien kan word. Die parlement het voor 23 Julie om kommentaar gevra. Annelize Crosby van AfriForum sê hulle is nie oortuig dat dit nodig is nie.