Vyf Namibiese beamptes na Olimpiese Spele kos sowat N$400 000

Die Namibiese sportministerie en die Namibiese Sportkommissie gaan byna 400 000 Namibiese dollar bestee op vyf beamptes wat die Namibiese span na die Tokio Olimpiese Spele gaan vergesel. Dít terwyl atlete wat by vorige internasionale sportbyeenkomste presteer het, nog nie betaal is nie. Die Namibiese span, hul afrigters, twee spandokters en die beamptes vertrek na verwagting op 18 Julie na die Spele wat op 25 Julie in Tokio begin.