Sibongile Khumalo kry eredoktorsgraad, postuum

Die Universieit van die Witwatersrand in Johannesburg het postuum ‘n eredoktorsgraad in musiek aan die Suid-Afrikaanse sanger, Sibongile Khumalo, toegeken. Die veelbekroonde internasionale jazz-ikoon is vroeër vanjaar na ‘n beroerte dood. Sy was bekend vir treffers soos Mayihlome en Amathonga. Haar dogter, Ayanda Khumalo, het die toekenning tydens ‘n virtuele geleentheid ontvang en sê die familie voel nederig, dankbaar en trots om die toekenning te aanvaar.