Vrystaat ervaar wateroorloë, sê DA

Die DA in die Vrystaat sê die sluiting van die N1 nasionale hoofweg by Ventersburg weens ‘n voortslepende waterkrisis in die dorp is kommerwekkend. Volgens ʼn woordvoerder van die party, Roy Jankielsohn, is dit ‘n opstand deur inwoners wat hul grondwetlike reg tot die volgehoue voorsiening van veilige water ontneem is. Hy sê soos elkeen weet word waterbronne in die munisipaliteit al vir baie jare wanbestuur te midde van tallose bewerings van korrupsie en finansiële wanbestuur: