Groenwaterstof: Namibië wil spilpunt word

Daar was samesprekings by die COP26-beraad gehou oor Namibië se vermoë om tot 5 persent van die wêreld se groen waterstof-energie te produseer. In die verband is daar berigte dat die Rotterdam-hawe in Nederland reeds ‘n memorandum van verstandhouding met Namport onderteken het. Die Namibiese omgewingskommissaris Timoteus Mufeti het by die beraad gesê dat Namibië ‘n groen waterstof-energie spilpunt in die streek wil word.