Pensioen: 4 val flou, betalings begin laat

Daar was weer chaos met pensioenuitbetalings. In Khomasdal het honderde pensioenarisse by die sogenaamde ou TB-hospitaal opgedaag om hulle toelaag te ontvang maar, moes tot lank na tien-uur wag omdat Epupa Investment Holdings, wat die uitbetalings namens die regering hanteer, nog nie opgedaag het nie. Daar word berig dat drie pensioenarisse en een gestremde persoon flou geraak het van die hitte. Sommige het reeds voor ses-uur die oggend opgedaag. Die regering het in September sy kontrak met Nampost vir kontanuitbetalings beëindig.