Verkose leiers moet saamwerk – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die leiers wat in die plaaslike-regeringsverkiesing verkies is, moet hul verskille opsy skuif en in ‘n gees van vennootskap en met ‘n gemeenskaplike doel voor oë saamwerk. Ramaphosa het ná die aankondiging van die verkiesingsuitslae gesê alle leiers streef dieselfde doelwit na, naamlik om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter. Hy het ook ‘n beroep op hulle gedoen om die vertroue tussen die inwoners en die verkose verteenwoordigers te versterk deur bevoegdheid, integriteit, prestasie en lewering: