GRN ondersoek moontlikheid om PCR-toets te laat vaar

Die Namibiese regering ondersoek die moontlikheid om besoekers wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is toe te laat om die land vir besigheid en toerisme binne te kom – sonder die 72-uur negatiewe PCR-toets. Die toerisme minister Pohamba Shifeta sê sy ministerie is tans in samesprekings met rolspelers sowel as die gesondheidsminister om ‘n finale besluit aan te kondig voor die hoogseisoen begin in Junie. Shifeta sê toerisme het in 2020 met amper 90 persent afgeneem met ‘n groeisyfer van 37,4 persent in 2021. Talle lande regoor die wêreld het reeds weggedoen met die PCR-toets en aanvaar ‘n inentingsertifikaat, of selfs eis dit, vir toegang tot die land.