Vervoervakbond dreig steeds om te staak

Die Namibian Revolutionary Transport Union se sekretaris-generaal Petersen Kambinda sê hulle sal voortgaan met ‘n staking in die vervoerbedryf as nie aan al hul eise voldoen word nie. Die vakbond het op 8 Februarie ‘n brief aan die Namibiese Werkgewersfedereasie se sekretaris-generaal, Daan Strauss, geskryf om in te gryp om arbeidsverhoudinge in die vervoer- en logistieke bedryf te bevorder. Strauss het op hul brief gereageer, maar die vakbond is steeds nie tevrede nie.