Griepinspuitings aanbeveel

Met die winter wat hier is en sy yskoue kloue in sommige dele van die land slaan, beveel gesondheidskenners Namibiërs aan om die griepinspuiting te kry. Die griepinspuiting word as die mees doeltreffende manier beskou om die verspreiding van griep te verminder. Dr. Ester Muinjangue, die Namibiese adjunkminister van gesondheid, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat midde die Covid-pandemie families ook teen griep beskerm moet word.