DA in KwaZulu-Natal vra vir oudit van gesondheidsdepartement

Die DA in KwaZulu-Natal vra ‘n volledige forensiese oudit van alle tenders by die provinsiale departement van gesondheid, ná bevindings deur die ouditeur-generaal se kantoor. Die ouditeur het onder andere kommer gelug omdat die departement 60 tenders van 401 miljoen Suid-Afrikaanse rand nie betyds betaal het nie, asook die moontlike oorbesteding van drie miljard rand. ‘n DA-woordvoerder, Rishigen Viranna, sê die situasie is so benard dat Nasionale Tesourie ingegryp het in ‘n poging om die departement se finansies weer op dreef te kry.