Greenspeace vertrou nie die Staatsveiligheidsagentskap

Die omgewings-drukgroep Greenpeace sê hy kan nie die Staatsveiligheids-agentskap vertrou om in Suid-Afrika se belang op te tree nie. Dit volg na berigte dat Suid-Afrika se spioenasie-agentskap sy ekonomiese intelligensie-eenheid versterk om ‘n pro-aktiewe rol te speel om globale maatskappye soos Sasol te steun. Chris Vlavianos van Greenpeace sê hulle verwerp enige stelsel wat blindelings steun bied vir die fossielbrandstof-bedryf terwyl mense rondom Sasol se aanlegte in Secunda, Mpumalanga, steeds sukkel met swak gesondheid en armoede. Hy glo die steun is nie deel van die agentskap se mandaat nie.