E-tol-stelsel in Gauteng geskrap

Die Gautengse LUR vir vervoer, Jacob Mamabolo, het aangekondig dat die provinsie besluit het om die omstrede e-tolstelsel te skrap. Mamabolo het gesê die stelsel is nou iets van die verlede en inwoners moet weet hulle leef nou in ‘n era na die-e-tol-stelsel. Dit is ‘n klinkende oorwinning vir inwoners wat al jare lank hieroor met die regering bots. As gevolg daarvan skuld padgebruikers die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap waarskynlik meer as 30 miljard Namibiese dollar.