Gratis onderrig, studente-befondsing is rede vir jeugwerkloosheid – Hage

President Geingob het vandag, by die afskeid van die Verenigde Nasies se Namibiese koördineerder, Sen Pang gebieg en gesê die land het ‘n lang pad om te stap met betrekking tot onder meer armoede, gebrek aan behuising en jeugwerkloosheid. Volgens Geingob het sy regering se beleid om formele onderwys gratis te maak om te verseker dat elke kind onderrig ontvang, asook tersiêre befondsing, nou tot hoë werkloosheid gelei. Hy sê daar is nie werksgeleenthede vir gegradueerdes nie, alhoewel die regering poog om hul vaardighede met die arbeidsmark saam te voeg … wat ‘n wanverhouding is, omdat ‘n Namibiër ‘n graad kan hê, maar geen werk nie. Hy het bygevoeg dat hy die plaaslike aftrede van senior VN-werknemers wat in die land verwelkom aangesien hul bronne en kennis in die plaaslike ekonomie teruggeploeg sal word. Sen Pang, wat sedert Februarie 2020 in die pos is, is op pad terug na sy tuisland China toe.