SARB kan nie werkloosheid aanspreek nie – Kganyago

Druk op die Suid-Afrikaanse sentrale bank om werkloosheid te verminder, kan tot beleidsfoute lei. Die president van die buurland se Reserwebank, Lesetja Kganyago, het die waarskuwing gerig toe hy ‘n openbare lesing aangebied het in die Wits School of Governance in Parktown, Johannesburg. Sy kommentaar volg te midde van toenemende druk op die sentrale bank om werkloosheid by sy mandaat te voeg. Kganyago glo monetêre beleid op sy eie is nie die antwoord op die land se maatskaplik-ekonomiese probleem nie: