Grace baklei teen die opdrag om haar man oor te begrawe

Die voormalige Zimbabwiese presidentsvrou Grace Mugabe het haar stilswye verbreek oor ‘n uitspraak van ‘n tradisionele hof wat beveel het dat die oorskot van haar oorlede man en voormalige president Robert Mugabe opgegrawe en by die nasionale helde-akker begrawe moet word. Sy staan die bevel teen en het regslui aangestel in die verband. Setfree Mafukidze, ‘n politieke ontleder in die buurland het sy mening oor die aangeleentheid so aan Kosmso 94.1 Nuus verwoord.