Shaleen word Sondag begrawe

Shaleen Surtie-Richards se familie het bekend gemaak dat haar begrafnisdiens Sondagmiddag in die Durbanville-gedenktuin in Kaapstad gehou word. Surtie-Richards het Maandag op die ouderdom van 66 gesterf. Sy was besig om tonele vir die televisie-sepie, Arendsvlei, te verfilm. Die legendariese ster is in Upington in die Noord-Kaap gebore, maar die gesin het besluit om haar in Kaapstad te begrawe aangesien sy in die Moederstad grootgeword het. Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het aan president Cyril Ramaphosa geskryf en gevra dat Surtie-Richards met ‘n spesiale provinsiale begrafnis vereer word.