Goudprys neig steeds opwaarts

Die goudprys bly styg, aangesien kommer oor die verspreiding van die nuwe Covid-variant die metaal se veilige hawe-aantrekkingskrag ‘n hupstoot gegee het. Die variant wat in Suid-Afrika versprei, het Brittanje en ‘n groeiende aantal ander lande aangespoor om haastig reisbeperkings op Suider-Afrikalande in te stel. Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat sy verwagting oor die goudprys is.