Israel kondig nog stappe aan oor nuwe omikron-variant.

Israel het na ‘n krisisvergadering verdere stappe aangekondig nadat een geval van die nuwe omikron-variant van die koronavirus in die land bevestig is. Israel het aanvanklik Vrydag ‘n verbod geplaas op reisigers uit meeste Afrika lande, maar het nou aangekondig dat alle buitelanders in die land verbied sal word. Die verbod sal vanaand in werking tree indien dit deur die kabinet goedgekeur word, en sal vir 14 dae geld. Burgers van Israel wat in die land aankom, sal ook verpligte kwarantyn van drie dae moet ondergaan indien hulle ingeënt is, en sewe dae indien hulle nié ingeënt is nie.