NCCI vra vir verslapte kredietmaatreëls vir klein en medium ondernemings

Ten spyte van die bekendstelling van die kredietwaarborg-skema vir Namibiese klein en medium ondernemings, meen die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid meer kan gedoen word om sekuriteitsvereistes teen lenings te verslap. In Augustus 2020 het die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, ‘n skema aangekondig wat ‘n kollaterale dekking van 60 persent bied. Charity Mwiya, die uitvoerende hoof van die kamer, sê die regering moet saam met die finansiëledienstesektor ondersoek instel na meer kreatiewe befondsing. Sy sê ook die regering moet verseker dat finansiële instellings se befondsingsmeganismes aangepas is vir die spesifieke behoeftes van die Namibiese ondernemingsektor, en nie net produkte uit Suid-Afrika na-aap nie.