‘In Soedan, bid ons’

Kosmos 94.1 Nuus het met Minette van der Bijl, ‘n Namibiese onderwyseres wat in Soedan woon en werk gepraat oor die realiteit in daardie land tydens die Covid-19 pandemie en met die sukkelende ekonomie. Soedan het onlangs groot onluste gehad en ervaar op die oomblik baie uitdagings.