Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek multimuljoen-randse Gupta-gekoppelde kontrakte

Die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek verskeie multi-miljoen-randse kontrakte wat die gesondheidsdepartemente in Noordwes- en die Vrystaat toegeken het. Beide departemente word ondersoek vir verskeie sake waarby dieselfde ondernemingse betrokke is en vir presies dieselfde dienste gekontrakteer is. Een van die gevalle behels die onreëlmatige aanstelling van die Gupta-gekoppelde onderneming, Mediosa, vir die lewering van mobiele klinieke. Albei provinsies het hierdie ondernemings aangestel en vooruitbetalings aan hulle gemaak.