Gold Cup uitgestel, onder-20’s onttrek uit Barthes

Die tussentydse hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Rugby-unie Theo Grunewald het in ‘n verklaring bevestig dat die Gold Cup Trofee Afdeling A-toernooi, wat vanaf 1 tot 12 Julie in die hoofstad sou plaasvind, uitgestel is tot November vanjaar. Volgens Grunewald is samesprekings met die sportminister Agnes Tjongarero gehou en besprekings oor die voorbereiding van die span vir die Wêreldbeker het onder die loep gekom. Grunewald sê die minister het dit duidelik gemaak dat geen uitsonderings op die verbod op kontaksport gemaak sal word nie. Dus, sê Grunewald, is die nasionale onder-20-span onttrek uit die Rugby Afrika Barthes-trofee wat in Kenia gehou sal word. Hy sê die span kan nie voldoende voorberei nie. Hy het weer ‘n beroep op alle belanghebbendes gedoen om ingeënt te word.