Facebook verbied Trump vir 2 jaar

Facebook het aangekondig dat die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump se toegang tot die platform, sowel as Instagram, vir die volgende twee jaar opgeskort is. Die maatskappy sê Trump verteenwoordig ‘n daadwerklike risiko vir openbare veiligheid, veral na die onluste van 6 Januarie toe duisende van sy ondersteuners Capitol Hill in Washington bestorm het. Trump het Donderdag sy privaat kommunikasie platform wat in Mei van stapel gestuur is, gesluit. In die VSA word daar berig dat Trump sê die twee-jaar verbod is ‘n belediging vir die 75 miljoen Amerikaners wat vir hom gestem het. Twitter het Trump lewenslank verbied.