Goewerneur, minister ondersoek karst-bekken vir Whk-water

Die streeksgoewerneur van Otjozondjupa James Uerikua vergesel die landbouminister Calle Schlettwein op sy besoek in die gebied. Uerikua sê hulle het ondersoek ingestel na die karst-bekken by Grootfontein. Daar word oorweeg om die waterbron verder te ontwikkel sodat Windhoek, wat se ontwikkeling beperk word as gevolg van watertekorte, die bron ook kan benut. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.