Fishrot, dit was nie ek nie, sê Sophia

Die sekretaris-generaal van die Swapo-party Sophia Shaningwa sê die Fishrot-skandaal het die beeld van die party groot skade berokken, maar ter selfde tyd haar hande van die kwessie gewas. Sy sê tydens die 2017 kongres, en voor dit, was sy die minister van stedelike en landelike ontwikkeling en het eers in 2018 as administratiewe hoof van die party begin. Sy is een van die getuies in die saak en moes ook die party se finansiële state aan die Teenkorrupsie-kommissie oorhandig na die saak aan die einde van 2019 aan die lig gekom het.