Suide-boere het huppel in hulle stap

Kyk, ons weet Namibiërs juig wanneer dit reën veral in die Suide van die land waar dit tradisioneel uiters droog is. Oudergewoonte, gesels Kosmos 94.1 Nuus met Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau oor die afgelope paar dae se neerslae. De Wet sê daar’s niks gevaarliker as ‘n boer wat reën gekry het met ‘n tjekboek nie.