Goeie koringoes plaaslik verwag

Namibiërs wat koring produseer, moes hul hektaar grond registreer waar hul koringproduksie plaasvind. Die registrasie is by die Namibiese Akkerbouraad gedoen. Gilbert Mulonda, die akkerbouraad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou, sê die verslag oor koringproduksie in land sal binnekort vrygestel word.

Hy sê Namibië kan vanjaar ‘n goeie koringoes verwag.