Dinge het warm geraak by die VN se Veiligheidsraad

Dinge het redelik warm geraak by die sessie van die VN se Veiligheidsraad. Antony Blinken, die Amerikaanse minister van buitelandse sake het intelligensie met die raad gedeel wat toon dat Rusland blykbaar ‘n situasie gaan skep om ‘n groot aanval op die Oekraïne te regverdig. Hy sê een man het die oorlog begin, en een man kan dit eindig. Hy sê dis ‘n oorlog wat deur ‘n keuse veroorsaak is.

Toe het sy Russiese eweknie Sergei Lavrov die Oekraïne en die Weste beskuldig dat hulle ‘n totaal nuwe storie vertel waarin Moskou as aggressor in die Oekraïne voorgehou word. Lavrov het ook die Weste se beskuldigings van Russiese vergrype in Oekraïne verwerp en vra dat Kiëf se regering eerder gestraf word. Hy het kort voor hy gepraat het ingekom en direk daarna opgestaan en geloop. Sergei Kislitsa, die Oekraïne se verteenwoordiger op die Veiligheidsraad sê toe Lavrov die kamer verlaat dat hy sien Russiese diplomate vlug so gepas soos Russiese soldate.