Goeie kanola-oes vir die Kaap voorspel

Die landbougrond-bestuurder van Soill, Zander Spammer, sê die kanola-oes aan die Weskus en in die Swartland in die Wes-Kaap toon groot moontlikhede en staan tans op 195 000 ton, wat 30 000 ton meer is as verlede jaar. Spammer sê die verwerkingsmaatskappye en bergingsgeriewe is gereed vir die bykomende tonne. Hy sê ‘n rekordoes van 205-duisend-ton kan verwag word. Spammer skryf dit toe aan boere wat meer kanola aangeplant het weens die goeie pryse wat die oes verlede jaar behaal het.