Reaksie op olifant-verkope, klagte teen joernaliste

Reaksie word ontvang op die klagte van betreding wat teen vryskut-joernalis John Grobler gebring is. Volgens berigte het Grobler en ‘n kollega ‘n hommeltuig sonder toestemming oor Gerrie Odendaal se Omaheke-plaas gevlieg om oë op ‘n olifanttrop te kry. Namibië is bekend vir sy mediavryheid en die kwessie van die ondervraging en klagte van ‘n joernalis kan slegte publisiteit veroorsaak. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy mening so verwoord.

Die kwessie van die vang en verkoop van olifante is ook omstrede en dit wil voorkom asof die proses nie baie deursigtig is nie… Links is aan die woord…